Afrikaans op die Cambium Forums.

Hello daar.

My naam is Enrique Ferreira, ek is een van die RTM's (Tegniese streeks bestuurders) , waar ek na die engels sprekende gedeeltes van afrika kyk saam my kolega Wayne Wiblin, wat n paar van jul sal ken.

Hiermee nooi ek jul om vrae in afrikaans te vra op die forums en ons sal n ogie daaroor gooi.

Cambium groei baie in ons streek en ek kry daagliks afrikaanse navrae op die foon, veral waneer daar probleme ontstaan sukkel mense om met ons internasionale kolegas te gesels en ook te verstaan met die verskillende aksente.

Ek dink nie noodwendig dis n goeie idee om my kontak besonderhede op n forum te skryf, wat ek kan se is dat ons vennote soos Duxbury & Miro weet waar om my in die hande te kry en sal met liefde my kontak besonderhede aanstuur as hul nie kan help.

Lekker dag verder.

Enrique Ferreira

"Regional Technical Manager - Africa"

3 Likes

Lekker man lekker , tyd om te braai!

\

1 Like